Pages

Wednesday, June 29, 2005

Found on a dating site profile

Yes, I'm back to trawling dating sites.

This morning I found a profile which really caught my eye, this is what it said:
(apologies, but it's too long to translate. If you don't speak Afrikaans, sorry)

Ons almal kom op 'n stadium in ons lewe wanneer ons 'soekend' is .. Soekend na iets ... Soekend na Iemand.
En net so,is ek ook hier in Cupid se sitkamer. Opsoek na daardie "iemand".
Iemand wat my beste vriend ooit wil wees.
Iemand wat vreugde in sy hart sal he oor my.
Iemand wat my wil leer ken.
Iemand wat alles met my wil deel.
Iemand wat my vertrou.
Iemand wat die reenboee in my oe sal raaksien.
Iemand wat my sal my pamperlang.
Iemand wat my gevoel sal respekteer.
Iemand wat my leer van liefde.
Iemand wat by my wil leer van liefde.
Iemand wat dink omdat mars so naby was, dat hy 'hom" hier by my kom aflaai.
Iemand wat dink as hy nie my nou gryp nie, dat dit dalk eers weer oor 226 jaar sal gebeur.
Iemand wat vir my die mooiste wit rose in sy sterk arms aandra.
Iemand wat die voordeur klokkie onverwags kom lui.
Iemand vir wie ek kan wag om my te bel.
Iemand met wie ek my toekoms mee kan bespreek.
Iemand wat hoop ek kry nie te koud of te warm nie.
Iemand wat my saggies sal soen.
Iemand wat deel van my kan word.
Iemand wat my deursettingsvermoe kan admireer.
Iemand wat kan lag as hy aan my dink.
Iemand wat my kan vergewe.
Iemand wat brand om my stem te hoor.
Iemand wat die Here dank oor my.
Iemand wat my drome met my wil deel.
Iemand wat die wolke van die toekoms saam met my wil raam.
Iemand wat wat my hart wil voel klop.
Iemand wat my laat weet hy is daar vir my.
Iemand wat my geheime kan bewaar.
Iemand wat my toekomsplanne sal help inkleur.
Iemand wat my leiding kan gee en saam met my die storms kan deur sit.
Iemand wat my kompas wil wys waar ‘Noord’ regtig is
Iemand wat besluit het 'hy' wil ook nie meer alleen wees nie.
Iemand wie se maat ek in siel kan wees.
Iemand wie se anker ek kan wees.
Iemand vir wie ek persente kan toedraai in die mooiste blinkste papier..
Iemand vir wie ek hartstogtelik kan sing.
Iemand wie nie sal wegskram as ek hom wil vashou en my wang saggies teen syne druk.
Iemand vir wie ek kan omgee.
Iemand vir wie ek 'n koppie tee kan aandra wanneer hy moeg is.
Iemand wie ek kan vertrou.
Iemand op wie ek trots kan wees.
Iemand aan wie ek die heeldag kan dink.
Iemand wat ek na kan verlang.
Iemand wat by my ‘wil’ wees.
Iemand oor wie ek bekommerd kan wees en hoop dat hy altyd veilig is.
Iemand wie se hand ek kan vashou, en saggies op sy skouer kan leun.
Iemand waarvoor ek gereeld 'n wavrag vol plesier voor sy hart se deur kan gaan aflaai.
Iemand vir wie ek altyd kan vergewe, en wie dankbaar is vir my vergifnis.
Iemand waarvoor ek die Here kan dank en loof en prys.
Iemand in wie ek kan glo ek onvoorwaardelik kan liefkry.
Iemand waarvoor ek kan wens ek die tyd kan stop net vir hom.
Iemand waarvoor ek kan lief wees net soos hy is!
Iemand wat gek sal wees as ek hom komplimenteer.
Iemand wie se geheime ek kan bewaar.
Iemand vir wie ek kan optel, so hoog dat hy ver in die toekoms kan insien.
Iemand wie se beste ek in sy mooi hartjie se binneste kan uithaal.
Iemand wie ek tot in sy wortels in kan liefhe.
Iemand wie ek kan help om al daardie plooie van die verlede uit te stryk.
Iemand wie ek vir niks sal wil verruil nie.
Iemand vir wie ek mooi blomme in sy tuin kan gaan plant.
Iemand wie ek kan bewonder.
Iemand vir wie ek ruimte ook kan gun.
Iemand wie se voete ek kan soen.
Iemand vir wie ek die enigste disa op die hoogste bergkruin kan gaan pluk.
Iemand wat alles sal probeer verstaan en waardeer.
Iemand vir wie dit alles sin maak ...
Iemand wat ‘n vroulief aan sy sy wil he ..
Iemand wat hoop ek vind HOM..


If she didn't live so far away I would have contacted her. But I hope she finds what she's looking for.

1 comment: